Installering en onderhoud

 

 

 

 

 

Landboubesproeiing, outomatisering en sproeibemestingstelsels verbeter en vernuwe voortdurend. Ons het meer as 30 jaar ervaring en bly op hoogte van nuwe tegnologie. Dit beteken dat ons diens aan kliënte versterk word deur kennis en kundigheid.

Landboubesproeiingstelsels
Ons tegniese afdeling installeer en onderhou alle soorte landboubesproeiingstelsels vir alle soorte gewasse, hetsy landerye of onderdak, of drup-, mikro-, vaste stelle of spilpunte.

outomatiseringstelsels
Ons span is ten volle gekwalifiseerd om ‘n wye reeks outomatiseringstelsels te installeer en in stand te hou.

Sproeibemestingstelsels
sproeibemestingstelsels help om kunsmis deur die besproeiingstelsel te versprei. Dit bied beter beheer oor die verspreiding van voedingstowwe.

Elektries
Ons stel ons eie elektriese panele saam volgens ons eie spesifikasies.

Werkswinkel
Ons diens en herstel ‘n wye verskeidenheid pompe.

Diensvlakooreenkomste (DVO)
Ons bied diensooreenkomste aan om u besproeiingstelsels te diens.

Opleiding
Afgesien van NMC-produkte, verskaf ons opleiding ten opsigte van al die tegniese produkte wat ons verskaf.

Kontak ons om jou landboubesproeiing-, outomatisering- en sproeibemestingstelsels te installeer en/of in stand te hou.

KORPORATIEWE LID VAN:

ADRES
Worcesterstraat, Grabouw,
Wes-Kaap, Suid-Afrika, 7160

KONTAK
(+27) 21 859 4246
info@cherryirrigation.com

Cherry Irrigation © 2019 – Alle regte voorbehou.    |    Webwerf deur Firefly Studio en Lemonade Hub
Laai bepalings en voorwaardes af

Facebook
LinkedIn
Instagram