Namibië

Cherry Irrigation Namibia spesialiseer in alle soorte stelsels vir besproeiing, outomatisering en sproeibemesting vir oop of bedekte landerye, kweekhuise en tuinbou. Ons glo die beste en volhoubaarste oplossings hou die kliënt se spesifieke omstandighede en vereistes in gedagte. Ons bied innoverende oplossings en word ondersteun deur Cherry Irrigation se span in Suid-Africa, wat al langer as drie dekades in bedryf is.

Ons winkel in Windhoek verkoop alle besproeiingsverwante voorraad;
van spilpunte, drupstelle en sprinkelaars tot pompe, pype en watertenks.

Ons ontwerp, bou en onderhou besproeiingstelsels vir verskeie gewasse, van klein stelsels soos huishoudelike voedselsekuriteit-applikasies tot landery-besproeiingstelsels met sprinkelaars en spilpunte vir kontantgewasse.

Ons maak voorsiening vir verskeie waterbronne, van boorgate tot herwinde water, asook son- of opwekker-aangedrewe pompstelsels.

Wat ons bied

Ons is kundiges en het ervaring

Ons het meer as 35 jaar ondervinding in die besproeiingsbedryf en ’n volledige span spesialiste met deeglike kennis van al die ingewikkelde besonderhede van elke stap in die proses.

Ons bied gewaarborgde gehalte

As SABI maatskappylid met verskeie SABI-goedgekeurde ontwerpers span ons gehalte-ontwerpe saam met gehaltetoerusting in om die beste moontlike ontwerp-oplossings te verseker. Ons is ISO 9001:2015-gesertifiseer.

Ons fokus op volhoubaarheid

Ons ontwerpe hou die impak op die omgewing so min as moontlik. Dit sluit in die opvang van reënwater en die behandeling en herwinning van afloopwater. Wanneer ons water spaar, bespaar ons ook energie.

Ons glo in opleiding

Ons glo aan die voortdurende verbetering van ons vaardighede deur interne sowel as eksterne opleiding van ons personeel.

Ons bied uitsonderlike kliëntediens

Ons is trots op die hegte en langtermynverhoudings wat ons met al ons kliënte vorm. Ons noukeurige verkope en nasorgdiens skep vertroue en beklemtoon ons toewyding.

Ons bied oplossings en dienste vir besproeiing in die landbou.

Ons maatskappyprofiel bevat omvattende inligting ─ lees gerus meer daarin:

MISSIE

Ons lewer landboubesproeiingsoplossings en -dienste van hoe gehalte, en met onvergelykbare doeltreffendheid. Ons samewerkende proses en kennisingesteldheid help ons om volhoubare en tegnologies innoverende werk te lewer.

VISIE

Ons wil die leier wees in vernuwende, doeltreffende en volhoubare besproeiingsoplossings vir die landboubedryf.

BELOFTE

Ons verskaf landboubesproeiingsoplossings en -dienste van hoe gehalte aan ons kliente, en ons doen dit so vinnig en doeltreffend moontlik. Ons werk saam as ‘n span, en in oorleg met ons kliente. Ons hou aan leer om ons vaardighede te ontwikkel en aan te pas by veranderings in die bedryf. Ons werk wys dot ons respek het vir ander mense en die omgewing.

WAARDES

spanwerk

Ons waardeer elke span lid se bydrae en verbind ons tot 'n kultuur van samewerking.

aanpasbaarheid

Ons strewe daarna om aan te hou leer, kreatief aan te pas by veranderings en ons vaardighede te ontwikkel.

toewyding

Ons wil graag deurlopend uitsonderlike diens lewer.

respek

Ons neem ander mense en die omgewing in ag.

SABI
MAATSKAPPY LID
SUID-AFRIKA

Worcester Pad, Grabouw,
Wes-Kaap 7160

+27 (0)21 859 424
info@cherryirrigation.com
NAMIBIË

52 Industria Straat, Lafrenz,
Windhoek 9000

+264 (0)83 330 0440
infonam@cherryirrigation.com

Cherry Irrigation © 2022 – All rights reserved.    |    Site by Firefly Studio and Lemonade Hub
Download terms & conditions