Outomatiseringstegnikus

’n Spesialis-landboubesproeiingsmaatskappy waarvan die hoofkantoor in Grabouw (Wes-Kaap, Suid-Afrika) is, met basisse in Namibië en Angola, bied ’n geleentheid vir ’n toepaslik gekwalifiseerde en ervare outomatiseringstegnikus.

Die pos fokus op die ingebruikneming en installering van elektriese, outomatiserings- en kommunikasietoerusting wat deel vorm van landboubesproeiingstelsels, insluitende instandhouding en foutopsporing.

Meer spesifieke take en funksies:

  • Nuwe installerings sowel as opgraderings aan bestaande stelsels
  • Afskakeling en uitdiensstelling van ou stelsels sowel as die beveiliging van die terrein
  • Installering en instandhouding van kommunikasiestelsels
  • Foutopsporing en probleemoplossing op stelsels
  • Akkurate verslagdoening oor die herstel van foute
  • Onderhoud van stelsels
  • Bou van elektriese panele by store
  • Instandhouding van gereedskap en voertuie wat gebruik word, insluitende kontrolelyste
  • Verseker dat wetlike standaarde nagekom word op alle werk wat uitgevoer word
  • Tree op as kontakpunt op werkterrein, waar van toepassing
  • Dien werkkaarte in
  • Neem verantwoordelikheid vir materiaal wat vir instandhouding of ’n nuwe installasie uitgeboek word
  • Verwante administratiewe werk

Die pos is beskikbaar vir ’n betroubare en gemotiveerde persoon met goeie kommunikasievaardighede wat oplossingsgeoriënteerd is, asook gesondheids- en veiligheidsbewus.

Vereistes:

  • Matriek plus toepaslike ambagsopleiding in elektrisiteit (bv. N3, Elconop 1/2/3, diploma in megatronika)
  • Ervaring by ’n elektriese onderneming, met praktiese ervaring van enkelfase- en driefase-elektriese motors en aansitters
  • Kennis van elektriese beheerstelsels, insluitende veranderlikespoed-aandrywing (VSD’s), programmeerbare logiese kontroleerders (PLC’s) en besproeiingsbeheerders
  • Bevoegdheid t.o.v. elektriese tekeninge en kennis van die wetlike aspekte van elektriese standaarde
  • Algemene begrip van besproeiingstelsels en onderdele
  • Vaardige en veilige gebruik van elektriese gereedskap
  • Blootstelling aan elektriese foutopsporing en diagnose
  • Uitstekende kommunikasievaardighede in Engels en verkieslik ook Afrikaans
  • Fisies bevoeg en in staat om prakties te werk in veldtoestande
  • Rybewys

’n Markverwante vergoedingspakket sal aangebied word, gekoppel aan die aangewese kandidaat se kwalifikasies en ondervinding.

< TERUG NA POSTE

 

Laai jou CV of enige ander relevante lêer op.

Facebook
LinkedIn
Instagram