Lenings vir volhoubaarheid

Bank Windhoek se leningsveldtog vir volhoubaarheid

Bank Windhoek het in onlangse jare ’n gevestigde markleier in groen finansiering geword. Insigte is verkry uit baanbreker-inisiatiewe en die bank bied aan kliënte en ondernemings uitsonderlike geleenthede om in die planeet se volhoubare toekoms te belê.

Kliënte kan nou om ’n volhoubaarheidslening aansoek doen. Die doel hiervan is om kliënte in staat te stel om in energiedoeltreffende, hernubare energie en volhoubare landbouprojekte te belê en sodoende Namibië se oorgang na ’n lae-koolstof- en klimaatveerkragtige ekonomie te help bevorder. Die bank gee gunstige leningsvoorwaardes en die terugbetalings is in pas met die kostebesparings uit die belegging in energiedoeltreffendheid.

Die aanbod:                               

  • Geen amptelike depositovereistes nie
  • Buigsame termyne tot op 72 maande
  • Betalingsvakansie van drie maande
  • Leningwaarde van tot N$500 000,00
  • Buigsame rentekoerse, afhangend van kredietwaardasie
  • Admin-fooie gehef teen 1% van die goedgekeurde leningwaarde
  • Aanvullende sekuriteit benodig vir tot 100% van loonwaarde, afhangend van die kliënt
  • In die geval van fotovoltaïese sonkraginstallasies sal die stelsel as aanvullende sekuriteit gebruik word onder sekere finansieringsvoorwaardes
  • Groen bates buiten fotovoltaïese sonkragstelsels sal aanvullende sekuriteit benodig
  • Die lening kan gedeeltelik gedoen word op ’n ongesekureerde basis vir spesifieke kliënte (bepalings en voorwaardes geld)
  • Standaardkredietkriteria (bepalings en voorwaardes geld)