Ons fokus op gehalte en diens.
By Cherry Irrigation lewer ons oplossings, dienste en produkte van hoë gehalte vir besproeiing en sproeibemesting, asook outomatisering. En ons doen dit doeltreffend en effektief. Samewerking en ’n leeringesteldheid dryf ons om volhoubare en innoverende werk te lewer. Ons het kantore in die Wes-Kaap, Namibië en Angola en werk oral in Suider-Afrika.
Ons spesialisspan bestaan uit individue met ’n sterk agtergrond in siviele en meganiese ingenieurswese, landbou, hidrologie, besproeiingsontwerp en outomatisering. Ons het ook steunpersoneel wat ons help om dinge glad te laat verloop met vaardighede in menslikehulpbronbestuur, finansies, bestuur en verkope.
Ons sukses word gebou op vaardighede, ingesteldheid en waardes.
Ons spanlede:
- neem verantwoordelikheid vir hulle werk
- het goeie kommunikasievaardighede
- luister na ons kliënte en na mekaar
- wy hulle daaraan toe om uitsonderlike diens te lewer
- het respek vir die omgewing
- werk as deel van ’n span
- is bereid om die ekstra myl te loop
Huidige vakante poste
ADRES
Worcesterstraat, Grabouw,Wes-Kaap, Suid-Afrika, 7160
KONTAK
(+27) 21 859 4246info@cherryirrigation.com
Cherry Irrigation © 2019 – Alle regte voorbehou. | Webwerf deur Firefly Studio en Lemonade Hub
Laai bepalings en voorwaardes af