Hidroponiese stelsels is ’n innoverende manier om plante sonder grond te laat groei, met ’n oplossing van water en voedingstowwe. Dit is prakties vir snelgroeiende ligte plante of rankplante met behoorlike ondersteuning. Cherry Irrigation installeer hidroponiese stelsels wat die voedingsfilmtegniek (nutrient film technique, NFT) gebruik en deur NFT Hydro vervaardig word. Hierdie tegniek gee ’n dun lagie, of film, van die voedingsoplossing aan die wortels sonder om hulle heeltemal onder water te sit.
’n groeikanaal of ekstrusie opgestel vir die doel en soort plante wat gekweek word (voedselgraad PVC en UV-gestabiliseer)
’n toevoer- en terugvoerstelsel wat verdeelpype, skutwasters en mikrobuise of pype, kleppe en ander filtreringstoebehore gebruik
’n raamwerk gemaak uit hoëgraad-aluminium, met gesweisde T’s en laser-gesnyde stutte
’n watertenk, pomp en lugpomp in ’n grootte wat by die vereistes van die stelsel pas
NFT Hydro vervaardig en voorsien hidroponiese NFT-stelsels vir/in diens van ’n groener toekoms. Hulle gebruiksklaar oplossings word aangepas vir die spesieke opset, wat die behoeftes van verskillende gebruikers (tuisgroeiers, restaurante, semi-kommersieel of kommersieel) vervul. Hulle voer dié gehalteprodukte regoor die wêreld uit en het ’n paar hidroponiese uitvindings gepatenteer:
Installerings deur Cherry Irrigation word gedoen met NFT Hydro se ondersteuning. Hulle is kenners van hidroponiese groeistelsels, voedingstowwe en kweekhuise en bied die onderstaande dienste:
1x bondel PVC en aluminium
(20 x 20 x 186 cm – ongeveer 25 kg)
1x boks watertenk en toebehore
(46 x 52 x 46 cm – ongeveer 20,5 kg)
1x bondel PVC en aluminium
(20 x 20 x 190 cm – ongeveer 25 kg)
1x bondel PVC en aluminium
(15 x 15 x 305 cm – ongeveer 15 kg)
Ontwerp as ’n veelsydige stelsel wat gebruik kan word as ’n vloed- en dreineringstelsel vir saadvoortplanting of ’n diepwater-kultuurstelsel met drywende plante. Dit kan rug-teen-rug opgestel word of as ’n groter vierbakstelsel met ’n tenk in die middel.
Ontwerp vir groter rankgewasse soos komkommers, tamaties, soet- en brandrissies. Watervoedingstowwe word teruggevoer na die bron/stoortenk vir behandeling en hergebruik ná besproeiing.
1x box water tank and fittings
(46 x 52 x 46 cm – ongeveer 28 kg)
52 Industria Straat,
Lafrenz, Windhoek 9000
+264 (0)83 330 0440
infonam@cherryirrigation.com
52 Industria Straat, Lafrenz,
Windhoek 9000
+264 (0)83 330 0440
infonam@cherryirrigation.com
Cherry Irrigation © 2022 – All rights reserved. | Site by Firefly Studio and Lemonade Hub
Download terms & conditions