Ons span het gegroei van slegs drie mense in 1987 tot meer as 70 personeellede vandag. Ons vaardige tegnici onderneem die implimentering van projekte wat deur ons span meganiese, siviele, landbou-, chemiese en elektriese ingenieurs, waaronder verskeie SABI Goedgekeurde ontwerpers, ontwerp en bestuur word. Ons kundiges kan ook ‘n wye reeks outomatisering en elektriese oplossings bied tesame met die besproeiingstelsels, terwyl installasie en instandhouding deur ons tegniese spanne uitgevoer word met die ondersteuning van ons store en werkswinkel.