Wie ons is

 

 

 

 

 

Cherry Irrigation is in 1987 gestig deur Peter Cherry en Andle Boonzaaier, met die aanvanklike fokus op besproeiingsontwerp. Peter se seun, Charles, het in 1992 by die maatskappy aangesluit en meer outomatisering en gebruiksklaar-projekte by die mengsel gevoeg.

Hoewel ons hoofkantoor in die Wes-Kaap is, pak ons besproeiingsprojekte in die SAOG-lande en die res van Afrika aan.

Cherry Irrigation is ISO 9001:2015-gesertifiseer, wat beteken dat ons te alle tye aan kliënte se vereistes voldoen, asook aan die toepaslike statutêre en regulatoriese bepalings. Ons streef daarna om kliënte-tevredenheid te verbeter deur die toepassing en verbetering van ons gehaltebestuurstelsel. Wat swart ekonomiese bemagtiging (SEB) betref, is ons op vlak 2.

Cherry Irrigation is lid van die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI). Ons assosiasie met SABI bied kliënte ekstra gemoedsrus en verseker dat ons toepaslike en doeltreffende besproeiingsdienste sal voorsien.

ONS SPAN

Ons span is tans meer as 40 mense en sluit sewe tegniese spanne en vyf gekwalifiseerde ontwerpers in. Ons ontwerpspan bestaan uit vyf SABI-goedgekeurde ontwerpers en ons tegniese spanne sluit in elektries en outomatisering, werkswinkel, en installasie en instandhouding.

Elke lid van ons span beskik oor ‘n rykdom van kennis, vaardighede en ervaring wat Cherry Irrigation in staat stel om die volle omvang van ons kliënte se landboubesproeiingsvereistes te dek.

Ons spanlede is opgelei in siviele ingenieurswese, meganiese ingenieurswese, landbou sowel as hidrologie. Ons uitgebreide ervaring dek:

  • algehele plaasuitleg
  • stelselbeplanning
  • outomatisering en beheerstelsels
  • besproeiingsontwerp
  • mikro-/drupontwerp
  • substraatbesproeiing
  • gronddam-ontwerp
  • sproeibemesting
  • klimaatbeheer
  • watersuiweringsprosesse

Ons ondersteuningspersoneel help ons om projekte glad te laat verloop en positiewe kliënteverhoudings te handhaaf.

WAT ONS BIED

Ons is kundiges en het ervaring

Ons het meer as 30 jaar ondervinding in die besproeiingsbedryf en ‘n volledige
span spesialiste met deeglike kennis van al die ingewikkelde besonderhede van elke stap in die proses.

Ons bied gewaarborgde
gehalte

As SABI-lid met 5 SABI-goedgekeurde ontwerpers span ons gehalte-ontwerpe saam met gehaltetoerusting in om die beste moontlike ontwerp-oplossings te verseker. Ons is ISO 9001:2015-gesertifiseer.

Ons fokus op
volhoubaarheid

Ons ontwerpe hou ons impak op die omgewing so min as moontlik. Dit sluit in die opvang van reënwater en die behandeling en herwinning van afloopwater. Wanneer ons water spaar, bespaar ons ook energie.

Ons glo in
opleiding

Ons glo in die voortdurende verbetering
van ons vaardighede deur interne sowel
as eksterne opleiding van
ons personeel.

Ons bied uitsonderlike
kliëntediens

Ons is trots op die hegte en langtermynverhoudings wat ons vorm met al ons kliënte. Ons noukeurige verkope en nasorgdiens skep vertroue en beklemtoon ons toewyding.

Ons bied oplossings
en dienste vir
landboubesproeiing

Lees meer in ons maatskappyprofiel:
Laai die PDF-weergawe af

KORPORATIEWE LID VAN:

ADRES
Worcesterstraat, Grabouw,
Wes-Kaap, Suid-Afrika, 7160

KONTAK
(+27) 21 859 4246
info@cherryirrigation.com

Cherry Irrigation © 2019 – Alle regte voorbehou.    |    Webwerf deur Firefly Studio en Lemonade Hub
Laai bepalings en voorwaardes af

Facebook
YOUTUBE
LinkedIn
Instagram